Jaco Blomerus stel sy nuwe album Kartelkring vry by die Drostdy Teater in Stellenbosch op Dinsdag 30 Mei, om 8.15nm.
Kartelkring is ’n samestelling en produk waarin twee kunsvorme vervleg. Die lirieke daarvan kom uit die nuutste digbundel Aard van Francis Grobler.
Dit is ’n samestelling van binneklanke wat wissel tussen klassiek en swaar; intens-dramaties dog spelig-lig en raak verskeie aspekte van die “kartelkringe” in die see van die lewe aan.
Die verwerkings word uitgevoer deur Blomerus self, stem en klavier; Petrus de Beer, viool; Emile de Roubaix,altviool; Anjulie Nock, tjello; Hilandi du Toit, kitaar; Shaun Johannes, baskitaar en Barry van Zyl, tromme.
Kaartjies Kos R100 en kan bespreek word by www.drostdyteater.co.za/besprekings-jaco-blomerus, of kontak Lionel by info@drostdyteater.co.za of op 087 943 2459.