■ Die bekende TV- en verhoogkunstenaar June Van Merch en sanger-liedjieskrywer Hilandi du Toit, se Woordtrofee-benoemde produksie Gedig my snaar is by Drostdy Teater in Stellenbosch, op Saterdag 26 Augustus, om 8.15vm. Die teks en musiek van Gedig my snaar is deur Du Toit geskryf. Van Merch vertolk van die bekendste gedigte asook oorspronklike digkuns uit Du Toit se pen. Du Toit vul die woordkuns aan met gevoelvolle kitaarimprovisasie en sing van haar oorspronklike gedigte wat liedjies geword het. Sy maak gebruik van drie verskillende kitare om elke gedig afsonderlike karakter te ontsluit. Van Merch is bekend vir haar rol Patsy in die SABC 2 program Fishy Fêshuns van 1999 tot 2004. Sy kan ook gesien word hierdie jaar in Die Bookklub, sy is Sara van Sara se geheim asook Swartwater, ’n nuwe Suid-Afrikaanse film. Du Toit is reeds bekend vir haar passievolle vertonings en sprankelende interaksie met gehore. Kaartjies kos R120. Bespreek by info@drostdyteater.co.za of 087 943 2459.