Eenvrouvertoning by Ou Meul

Met ander woorde is ‘n slimsnaakse, energieke, warmhartige, vermaaklike, verbeeldingryke en oorspronklike nuwe eenvrouvertoning deur die multibekroonde aktrise, skrywer en regisseur, Lizz Meiring, wie vanjaar haar 33ste jaar in die vermaaklikheidsbedryf vier. Met Ander Woorde, wat vandag, Woensdag 1 Maart, om 8nm, by Die Ou Meulteater in Paarl speel, is ’n versameling sketse, stories en vertellings uit die pen van die aweregse, eiesoortige Lizz, wie met haar liefde vir woorde en woordspelings die woorde uiter wat ons soms lomperig kwytraak om ons eie en ander se menslikheid te verstaan. Kaartjies is R120, bespreek by 082 464 2883 of michelle@oumeulteater.co.za