“The show must go on”… Die Drostdy-teater in Stellenbosch vier vanjaar sy sesde bestaansjaar, en wat kan nou ’n beter manier wees om hierdie pandemie-grendeltyd en teaterdroogte te breek as ’n Nataniël konsert.
Vanaf Donderdag 6 Mei tot Saterdag 8 Mei betree Nataniël vir die heel eerste keer die verhoog van die Drostdy- teater, vir vier vertonings.
Saam met die pianis Charl du Plessis bring hy ná ’n afwesigheid van byna 14 maande sy gebruiklike humor, hartseer, wyshede en waarhede na Stellenbosch, met Songs we used to sing.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket, en vir inligting besoek www.drostdyteater.co.za
Schalk Bezuidenhout en Wesley van der Westhuizen, 27 en 28 Mei, om 8.15nm;
The Parlotones, 30 May, om 6nm;
Elandré, 25 Mei, om 8.15nm; en
Mark Haze: The Stripped Down Show – dinner and show, 2 July, om 7nm.