Die Charl du Plessis Trio se deelname aan vanjaar se eerste digitale Klein Karoo Klassique is ’n uitvoering wat in 2017 in die St. Georg-kerk tydens die Festival Musikdorf in Ernen, Switserland, opgeneem is. Dié Trio bestaan uit Hugo Radyn (tromme) Charl Du Plessis (klavier), en Werner Spies (bas). Hierdie aanlyn uitvoering kan eksklusief tot Vrydag 25 September om middernag gekyk word. Kaartjie kos R100 en is beskikbaar by Quicket. Vir meer inligting, besoek Klein Karoo Klassique se webblad by www.klassique.co.za