Coenie, Hemelbesem by Taalmonument

 Kontemporêre musiekfundi Coenie de Villiers en Afrikaanse se eie hiphop-ster, HemelBesem, links, verskyn in hulle nuwe vertooning, Oor een stem, by ’n piekniekkonsert by die Afrikaanse Taalmonument, Paarl op Saterdag 18 Maart. Die vertooning begin om 7.30nm in die Tuinteater, en die hekke open om 5nm. Besoekers kan hulle eie piekniek saambring, of ’n piekniekmaandjie by Volksmond Koffiewinkel op 021 863 2800 bestel. Kaartjies is by Computicket en die Taalmonument te koop, en die hek, teen R100 vir volwassenes en R50 vir studente en kinders. Skakel 021 863 0543/4809 of besoek www.taalmuseum.co.za