Bonjour Monsieur Brel

Bonjour Monsieur Brel is by die Woordfees, Fismersaal, Stellenbosch, op Saterdag 4 Maart, om 8.30nm; op Sondag 5 Maart, om 1nm; en op Maandag 6 Maart, om 11vm, met Jannie du Toit se beeldryke tekste in vier tale, begelei deur ’n musiekensemble uit die boonste rakke. Jannie is dekades reeds ’n hoog aangeskrewe Brel-vertolker en ’n standhoudende eksponent van uitnemendheid in liedkuns, onder andere in Nederlands. Naòmi Morgan se Afrikaanse vertalings, wat uiters gunstig vergelyk met vertalings in ander tale, verteenwoordig ’n verrassende nuwe blik op Brel se tekste. Bekende treffers is natuurlik op die spyskaart, maar ook van sy meer onbekende, ewe briljante werk. Onder leiding van die deurwinterde Juanita Swanepoel – regisseur en dosent in drama by Stellenbosch Universiteit – word verbande tussen liedere en gedigte gelê en toegelig. Kaartjies is by Computicket beskikbaar en kos R130. Besoek www.janniedutoit.com