Boek oor China by Taalmonument bekendgestel

Elkarien Fourie

’n Afrikaanse boek oor China – die eerste van sy soort – word op Sondag 21 Mei by die Afrikaanse Taalmonument in die Paarl bekendgestel. Vat jou hele Hart is Elkarien Fourie, van Franschhoek, se tweede boek. Sy is ’n vryskutjoernalis wat vir nege jaar saam met haar man in China gewoon en gewerk het.

Mev Fourie se memoir word beskryf as ’n heerlike kennismaking met China en ’n waardevolle tydsdokument wat ’n mens met meer begrip laat vir dié antieke beskawing en sy moderne mutasie.

Dr Etienne Britz, vryskutjoernalis en voormalige dosent aan die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch, sal met Mev Fourie oor haar boek gesels.

Hy het vir sewe jaar saam met sy gesin in China gewoon, waar hy Nederlands aan die Universiteit vir Internasionale Studies in Shanghai doseer het.

Die bekendstelling vind om 3nm in die konferensielokaal van die bsoekersentrum by die Taalmonument op Paarlberg plaas. Bywoning is gratis, maar bespreking is noodsaaklik.

Die boek sal te koop wees. Bespreek by Nkita Pietersen op 021 872 3441 of per epos by
student@taalmuseum.co.za